Die boetiekhotel Majeka House & Spa in die Stellenbosse woonbuurt Paradyskloof se restaurant, Makaron Restaurant, het pas hul nuwe Sondag spyskaart bekend gestel.
Maryke Roberts
Die hotel vier vanjaar sy agtste verjaardag en die nuwe hoofsjef Lucas Carstens, gebruik seisoenaliteit en plaaslike produkte in die ewig-veranderende “Sondag Braaimaal”.
Een week kan ruimhartige skywe heel geroosterde prima-rib op die spyskaart wees, die volgende week weer ‘n sappige geroosterde hoender of dalk ‘n stadig-geroosterde skaapblad. Ongeag wat Lucas daardie week in gedagte het, gaste kan uitsien na ruim porsies wat in gesinstyl bedien word met drie heerlike bykosse. Daar is tradisionele gunstelinge soos plaasvars slaaie en onvergeetlike eendvet-geroosterde aartappels, wat almal daardie onmiskenbare Makaron-geurtjie sal kry.
Vir die hongeres is daar ‘n kort keuse heerlike voor- en nageregte (waarvoor apart betaal word): begin dalk jou Sondag feesmaal met truffel-Parmesaan risotto of beklink dit met ‘n keuse uit die beste plaaslike kase en tuisgemaakte stukkonfyte.
Hierdie gasvryheid word onderskryf deur die restaurantbestuurder en sommelier, Esmé Groenewald, wat ‘n wynlys saamgestel het wat die beste wyne van die Stellenbosse wingerde vier.
“Ek probeer ook fokus op enkelvariëteite en ongewone versnitte om ‘n avontuurlustige wyn-pasmaat reis te bied,” sê Esmé, wat inspirasie put uit haar 300-etiket wynkelder om wynpasmaats vir elke dis op die spyskaart voor te stel.
Majeka House & Spa is geleë in Houtkapperstraat 26-32, Paradyskloof, Stellenbosch. Bel 021 880 1549 of e-pos [email protected] vir besprekings.
Die restaurant se nuwe hoofsjef Lucas Carstens, saam met restaurantbestuurder en sommelier, Esmé Groenewald.
Een van die vele lekker disse wat jy op die Sondag spyskaart kan verwag.
Die pragtige restaurant binne, die handewerk van die binnenshuise ontwerper, Etienne Hanekom.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.