Christiaan J de Swardt gesels met die bekroonde rymkletser HemelBesem oor rugby, hip-hop, die beat, Afrikaans én trots in ons 20 Mei-uitgawe. Lees hier meer oor hom
CHRISTIAAN J DE SWARDT
Raar maar waar
- Hy het ‘n diploma vir Spiritual Dancing op skool gekry.
- Sy bokbaard is sy leuse: “Ek vat alles op die ken.”
- Hy dra meestal klere wat local vervaardig is.
- Hy het ‘ntatoe van die Blou Bulle se embleem op sy linkerbobeen.
- Sy eerste album Dink ‘n Bietjie is oorgedoop as Beste Opgepaste Baba (BOB). Oor die 37 000 kopieë is gedruk en in die Boland en elders versprei.
Gunstelinge
- Kleredrag: Sy eie T-hemde
- Kos: Banting friendly-soetgoed
- Drankie: Windhoekbier en goeie whiskey
- Kleur: Swart
- Klank: Enigiets
- Geur: Dettol Daily Care-wasseep
- Aanraking: Sy geliefde
- Gevoel: Liefde, hartseer
- Vergryp: Biltong
- Ontspanning: Rugbykyk
- Vakansieplek: Weskus
- Diere: Honde en leeus
- Musiekgenres: Hip-hop, country, folk
- Musieksterre: Gian Groen, Stef Bos, Immortal Technique, Sia, Rihanna, Riana Nel, Chris Chameleon, Die Hooflig, Linkris
- TV-reekse: Ray Donovan, Game of Throne, Marco Polo
- Realiteitsprogramme: Come Dine With Me, Undercover Boss, Impractical Jokers, Secret Millionaire
- Rolprentsterre:Denzel Washington, John Travolta, Bruce Willis, Jet Li, Christopher Walken, Mel Gibson
- Dansers en choreograwe: Yoma, Sjaan (Poetry Circle Nowhere)
- Skrywers en boeke: Ravi Zacharias, Mike Murdock, Jesus Talks with Buddha, The Wisdom Hunter, Bazoo-kinderboeke
- Skilderye en skilders: Tersia Steyn se skeppings
- Sport- en sportsterre: Rugby, krieket, sokker, Pierre Spies, Victor Matfield, Francois Hougaard, AB de Villiers, Herschelle Gibbs, Lionel Messi, Peter de Villiers (oud-rugby-afrigter)
- Ontspanning: Muurbal
- Aanhaling: “I will not be ruled, nor will any Scot while I live.” – uit Braveheart
- Missie: “Being the nice guy …”
- Sêding: Aweh