My ma het onlangs 80 geword en ons vier kinders het elkeen by die viering van dié mylpaal opgestaan om oor dié spesiale vrou in ons lewens te praat.
Dis by sulke geleenthede wat jy stilsit en dink wat jou ma jou geleer het en wat sy vir jou beteken. As ek aan my ma dink, is daar ‘n paar karaktereienskappe wat vir my uitstaan en wat ek hoop teen dié tyd ook deel van my en my kinders se menswees is. By haar het ek ‘n onvoorwaardelike afkeer van manipulasie, oneerlikheid, valsheid, pretensie en die slaafse navolging van ‘n groep geleer. Maar sy het my ook geleer terugpraat. En daarvoor is ek haar innig dankbaar, want sy het my ‘n stem gegee om in alle omgewings met selfvertroue my sê te sê, my stem dik te maak en my vrou te staan.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.