’n Kleurvolle tak kan maklik ‘n vaal area opkikker.
Greta Gericke
Moenie bang wees om kleur in jou huis te gebruik nie. Hierdie versiering laat jou toe om maklik die kleur te verander wanneer jy daarvoor moeg raak.
Stap-vir-stap
- Kry ‘n tak wat verskillende sterk vertakkings het.
- Verf dit ‘n donker kleur en laat goed droog word.
- Gebruik helder kleure wol en draai dit om die takkies.
- Draai soveel wol soos wat jy wil en los die res van die wol sommer onder die tak.
SOURCES
Jac Kritzinger