’n Groot tuin kan maklik in ’n wilde, oorgroeide massa ontaard. Ons hou dinge eenvoudig tog interessant met ‘n klassieke tuin. Kyk in ons 15 Augustus-uitgawe vir nog ‘n prag-tuin.
Maryke Roberts
As daar hoekies of ’n groot muur in jou tuin is waar die son heeldag lank bak en plante sal verskroei, gebruik interessante woorde uit draad of gietyster en versier die muur daarmee.
Plant hittebestande blommetjies onder teen die muur, waar skaduwee sekere tye van die dag val.
In die geval van skadukolle, plant iets wat met min sonlig sal groei en as oulike groen rand vir jou woorde sal dien soos Melissa Dennewil van Durbanville in haar tuin gedoen het.
SOURCES
Jac Kritzinger