Beautylist is ’n digitale gids wat jou sal help om die beste skoonheidsbehandelings en -aanbiedings regoor Suid-Afrika blitsig op te spoor.
Beautylist is deur Sally Kuschke, een van die direkteurs van die spawerwingsagentskap, The Recruitment Specialists (TRS), bekendgestel.
Kuschke het besef salonne en spa’s moet hul diens so verander om maklike toegang tot skoonheidsbehandelings bied.
Beautylist is ’n webblad wat vir rekenaars, selfone en tablette geskik is en wat as ’n vinnige en effektiewe soekhulpmiddel dien. Die soekenjin gee ’n kort beskrywing van die skoonheidsonderneming, die behandelings wat aangebied word asook enige spesiale aanbiedings.
Die soekenjin se digitale kaart help die gebruiker om die salon maklik te vind. Dit dui nie net die spesifieke plek se ligging aan nie, maar ook alternatiewe opsies.
“Die gesondheidsindustrie is soveel groter as spa’s en salonne en daarom het ons produkte, verskaffers, opleidingsfasiliteite, fisioterapeute, LSV-praktisyns en dies meer ook ingesluit,” sê Kuschke.
Kuschke sien Beautylist ook as ’n nuuskanaal vir gesondheid, wenke en spa-resensies. “Ons sal dit graag as die standaardsoekenjin vir resensies wil bewerkstellig.”
- Besoek Beautylist by beautylist.co.za