As jy ‘n skoonheidvraag op ons Facebook-blad gevra het, loer in ons 25 Julie-uitgawe vir die antwoord! Hier is nog wenke vir algemene skoonheidskwale.
Natasha van Wyk
1 Wat is die nuutste grimeermodes?
Volgens die professionele grimeerkunstenaars van Kryolan Professional Make-Up is ‘n vars, natuurlike voorkoms met helder oë wêreldwyd hoogmode. Fokus op ‘n ‘pas-wakker-geword’ voorkoms: ‘n natuurlike glans, helder wange en oë wat uitstaan. Die Kryolan Illusion highlighter room is liggewig en gee jou voorkoms ‘n glansryke afronding. Smeer ‘n bietjie op jou wangbene, lippe en décolleté. kryolan.com, R330
2 My naels breek en skeur maklik, wat kan ek doen?
Dun naels wat maklik breek kan baie oorsake hê, onder andere ‘n moontlike tekort aan biotien. Eet biotienryke kosse soos eiergeel en neute. Sorg dat jou naels altyd met ‘n naelpolitoer (selfs ‘n deursigtige een) of naelversterker bedek is totdat jou naels weer gesond voel. Probeer Elegant Touch Tough Stuff Ultimate Hardener for Weak Nails. Om seker te maak jou naellak word vinniger droog, verf ‘n lagie Elegant Touch Super Dry Smudge Proof in 60 Seconds daaroor. Dis-Chem, R59,95 elk
Orgideë- en viooltjiepers is die kleur van 2014. Speel met dié pers skakerings om in die kol te bly. Probeer Essence Colour & Go Nailpolish in Hello Marshmallow, R19,95 en Rimmel 60 Seconds Nail Polish in Magnetise, R49,95
3 Watter produk maak die grootste indruk: oogskadu, oogomlyner of maskara?
Maskara helder jou gesig die vinnigste op. Dis ideaal as jy nie mal oor grimering is nie of ‘n besige lewenstyl lei. ‘n Lagie of twee voor jy by die deur uitloop is genoeg om ‘n bleek voorkoms op te kikker.
My gunstelingmaskaras op die oomblik wat hope volume skep is Gosh Boombastic Mascara Volume XXL, Edgars, R140 en Rimmel Scandaleyes Rockin’ Curves Mascara, R109,95
Top-wenk
Die beste skoonheidsraad is om altyd ‘n goeie sonroom te gebruik. Nóg beter om een oral saam te dra en gereeld in die dag weer aan te smeer. Nivea se nuwe Pocket Size Sun Lotion SPF 30 is net groot genoeg om in jou broeksak of handsak te pas. Dis ook ideaal om saam met die kinders skool toe te stuur! R39,99
Wees op die uitkyk
Ek dra gereeld my hare in ‘n stywe poniestert of bolla omdat ek nie van hare in my gesig hou nie. Ongelukkig kan dié haarstyl ook maklik haarverlies op die haarlyn veroorsaak.
Nuut op die mark is Invisibobble (bo). Dit is ‘n plastiekrekkie met ‘n unieke telefoonkoordvorm wat beloof om hare nie te trek nie en hoofpyn, as gevolg van ‘n stywe haarstyl, te vermy. Beslis ‘n probeerslag werd. Beskikbaar in verskeie kleure. everythinghair.co.za, R80 vir drie
* Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Andrea Caldwell, Peter Whitfield en verskaf