Vermoed jy jou kind is buitengewoon begaafd? Lees hier oor begaafde kinders se kenmerke.
Anne Marais
Dr Shirley Kokot, opvoedkundige sielkundige, sê algemene kenmerke wat begaafde kinders vertoon is onder meer:
- buitengewone wakkerheid tydens kinderjare
- lang aandagspan
- hoë vlak van aktiwiteit
- mindere behoefte aan slaap
- vroeër bereiking van ontwikkelingsmylpale
- nuuskierigheid
- goeie waarnemingsvermoë
- fenomenale geheue
- buitengewone woordeskat
- die vermoë om vinnig te leer
- abstrakte redenasievermoë
- sensitiwiteit
- perfeksionisme
- gevorderde vermoë by die bou van legkaarte en syferspeletjies
Anne Marais skryf meer hieroor in ons 18 Julie-uitgawe.