Haar lewe het wye, hartseer draaie geloop. Maar nooit het Laetitia Steyn (50) opgehou glo dat sy ’n ma sou word nie.
Riette Rust
Komplikasies vroeg in die swangerskap
- Spontane miskrame, meestal tussen 6 en 14 weke.
- Buisswangerskap. As jy ouer as 35 is, is jou kanse vier tog agt keer hoër.
- Chromosoomafwykings, veral ’n verhoogde risiko van downsindroom.
- Aangebore abnormaliteite, hartdefekte, klompvoetjies en diafragmabreuke.
Komplikasies later in swangerskap
- Komplikasies weens bestaande mediese siektes, soos kanker, hart- en niersiektes, asook vetsug, is hoër. Dit kan lei tot ’n verhoogde kans om in die hospitaal opgeneem te word, ’n keisersnit te hê asook swangerskapkomplikasies.
- Hoë bloeddruk en diabetes, veral as jy oorgewig is.
- Rook kan lei tot ’n verhoogde kans vir stilgeboorte.
- Die nageboorte kan losskeur met katastrofale gevolge vir ma en baba.
- Jy kan te vroeg in jou swangerskap kraam en jou baba kan ’n lae geboortegewig hê of binne die eerste week na geboorte sterf.
- Jou baba kan doodgebore word.
- Jy het ’n verhoogde kans om ’n keisersnit te hê.
- Jou kans is hoër om ’n tweeling te hê.
Wat sê die sielkundige?
Volgens Anna-Marie Koen, sielkundige van Worcester, is enige gesonde, normale en beplande baba ’n seëning.
“Ek glo egter daar is meer nadele as voordele om op 50 ’n baba te hê. Vyftigjarige vroue is gewoonlik reeds in die voorstadium van menopouse. Die simptome, wat warm gloede, teer borste, vaginale droogheid, ’n laer libido en veral erge gemoedskommelinge insluit, is erg ongerieflik en baie stresvol. Die voltydse verantwoordelikheid van ’n nuwe baba kan dan so oorweldigend raak dat jy selfs depressie kan ervaar,” sê sy.
Anna-Marie reken ook nie dat ’n 50-jarige meer lewenservaring op mawees-gebied het nie. “Op 35 weet ‘n vrou reeds genoeg om ‘n goeie ma te kan wees. Omdat die menopouse dan nog ver lê, is hulle ook meestal meer energiek.”
Daarby kan dit vir die adolessent ’n verleentheid wees as sy ouers reeds bejaard is, terwyl sy maats s’n middeljarig is.
Hoe groter die ouderdomsverskil tussen ouer en kind, hoe groter raak die generasiegaping, sê Anna-Marie.
“As jy egter so jonk van gees soos Laetitia is en heeltyd so betrokke by jou kinders is, behoort die groot ouderdomsverskil nie noodwendig probleme te veroorsaak nie. Ek glo sy sal ’n wonderlike ma wees.”