As jou hare vaal en droog voel gedurende hierdie seisoen, lees ons 1 Augustus uitgawe vir topwenke en wennerprodukte. Hier is solank ‘n voorsmakie van ander lekker produkte wat werk.
Natasha Van Wyk
1 Versterk breekbare hare met Matrix Biolage Advanced Fiberstrong Fortifying Cream deur ‘n bietjie van dié haarroom deur klam hare te werk, R190
2 Hannon Anti-Frizz Silk Finishing Spray bevat jojobaolie wat jou hare ekstra bevogtiging gee en kroes verminder. Gebruik dit daagliks, voor of na jy jou hare droogblaas, www.hannon.co.za, R150
3 Smeer Pantene Pro-V Repair and Protect Split End Mender Serum aan droë punte en voorkom dat jou hare verder breek, R66,99
4 Stileer en voed jou hare tegelyk met Clicks Hair Rescue Restoring Placenta Spray, R42,95
5 Vir droë hare wat maklik koek, probeer Davines NaturalTech Nourishing Living Enzyme Infusion, www.davines.com, R307
As jy gereeld jou hare met hitte stileer:
6 As jou hare neig om te kroes, probeer Lee Stafford Frizz OffTM Keratin Blow Dry Smoothing Spray. Dit maak jou hare glad sonder om dit plat te laat lyk, Clicks, R125
7 Laat jou haaryster- en droër se uiterste hitte vir jou hare werk met HairCair FHI Heat Hot Sauce. Dié produk bevat ook geen silikoon nie en jy vermy dus die opbou van produk wat hare vuil laat lyk. Foschini, R125
8 ‘n Beskermende sproei is ‘n moet as jy daagliks hittestilering op jou hare toepas. Probeer Tresemmé Protect Heat Defence Styling Spray, R71,99
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Peter Whitfield en Andrea Caldwell