Skep ‘n treffende fokuspunt met Aleit Swanepoel se blomwenk. Lees ons 11 Julie-uitgawe vir ‘n kykie na sy pragtige huis.
Maryke Roberts
’n Mens raak gou moeg vir dieselfde blompot op dieselfde plek met ’n bos winkelblomme wat geen hart of siel het nie.
Die bekende geleentheidsbeplanner en leefstylredakteur vir DEKATv, Aleit Swanepoel van Somerset-Wes, het ’n oulike plan om bietjie afwisseling mee te bring.
Wenk As jy ’n vaal kol in jou sitkamer of slaapkamer het of jou tafel vir gaste wil optooi, gebruik een bos rose en verdeel dit in fyn vonkelwynglase vir ’n treffende fokuspunt.
Sit dit op ’n mooi silwerskinkbord of klein spieël om ook die lig te weerkaats en jy het jou gaste se aandag op iets mooi gevestig, terwyl jy die kos of drankies gereed kry.
SOURCES
Jac Kritzinger