
Biltong, neute en slaai – kombinasie waarvan almal sal hou!
4 porsies
Bestanddele
100 g kasjoeneute 
100 g pekanneute 
bietjie olie 
2,5 ml (½ t) paprika 
2,5 ml (½ t) rooivleissout 
knypie rooirissievlokkies 
1 pak jong slaaiblare 
200 g (1 pak) klein tamaties 
2 nektariens, in wiggies gesny 
1 avokado, in stukke gesny 
100 g (1 rolletjie) sagte bokmelkkaas 
200 g gekerfde biltong 
SOUS 
125 ml (½) mayonnaise 
15 ml (1 e) suiker 
10 ml (2 t) kerriepoeier 
ciabatta 
Metode
1 Meng neute met olie en speserye. 
2 Sit op bakplaat en rooster liggies vir 15 minute. Laat heeltemal afkoel. 
3 Pak slaaiblare en res van slaaibestanddele op bord uit. 
4 Sous Meng alles. 
5 Sprinkel neute op slaai en gooi sous oor. Bedien met ciabatta. 

Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.






